Waarom 'n Raakpraat-toespraak bestel?

En HOE 'n Raakpraat-toespraak vir jou deure oopmaak?

Toesprake word volgens die beoordeelstaatriglyne van die ATKV geskryf.


Hoekom is jou keuse van die regte toespraak so belangrik?

Op die ATKV beoordeelstaat sien jy dat die beoordeling uit 'n totaal van 50 punte tel.

Hiervan tel 20 punte vir die redenaar se aanbieding van die toespraak.


Die ander 30 punte (meer as die helfte van die totaal) tel vir die toespraak se inhoud en tegniese vereistes waaraan dit moet voldoen. Met die keuse van 'n toespraak kan jy jou kind dus die voorsprong gee, of hom in die voet skiet - nog voordat hy sy mond oopmaak om te praat!


Die hoërskool-totaal tel uit 100.

35 punte vir die lewering en 65 punte vir die toespraak!

Om self te kyk, laai 'n beoordeelstaat hier af: BEOORDEELSTATE

Kry meer as 'n dekade se ervaring aan jou kant: Raakpraat-Redenaars, deur Nicolaas Roos voorsien al sedert 2010 toesprake aan redenaars!

Kleur en Klank


Elke toespraak is klaar in die regte Indeks-kaartjie grootte bladsye opgedeel*. Kleur-illustrasies op elke kaartjie prikkel jou geheue! Elke toespraak is ingedeel in kleure sodat jy kan weet of jy met die inleiding, 'n argument of samevatting besig is – en sodat jy die struktuur van 'n beredenerende toespraak leer verstaan vir wanneer jy later onvoorbereide toesprake moet lewer.


Elke toespraak word ook in KLANK-formaat aangestuur, om jou te help met die aanbieding en uitspraak. Danksy nuwe tegnologie is die klank-opname minder as Een Megabyte groot, so jy kan dit maklik aflaai sonder dat dit jou Internet-spoed gaan vertraag of baie data gaan kos.


*Die toespraak is klaar in die regte kaartjie-grootte: Maak net seker jou PDF-program en/of drukker se "Print Options" is gestel op 'n opsie soos "print ACTUAL size" en NIE iets soos "stretch to fit" nie, anders sal die program/drukker die bladsye outomaties vergroot om 'n hele A4 vol te druk.


Vir 'n toespraak wat jy met selfvertroue kan aanbied: Gryp die geleentheid aan! Van sleutel-argumente tot slotopmerking ontsluit die regte toespraak jou gehoor en skuif die gordyn oop op 'n blink toekoms!

PASOP: Daar is skrywers wat 'n toespraak met "Nasionale Alleenreg" voorsien waarvan die gehalte so laag is dat niemand in elk geval verder as hulle eie skool daarmee kan vorder nie.

Wenk: As 'n toespraakdiens onderneem om vir jou 'n "unieke" toespraak te skryf, vra gerus vir hulle watter persentasie van die toespraak "uniek" is. Stem die toespraak 80% ooreen met die toespraak wat ander sprekers kry? Verskil die toespraak dalk net 10% van ander "unieke" toesprake wat hulle verskaf?

Oppas vir ander wat jou toespraak binne 24 “WERKS”-ure lewer: Teen 7 werks-ure per dag, word dit in praktyk 6 DAE as dit oor ‘n naweek strek! Goeie nuuus: By Raakpraat-Redenaars beteken "binne 24 uur" jy kry jou toespraak voor die aarde EEN maal om sy as draai! Selfs al sou jy teen 4 uur in die oggend op ‘n Saterdag betaal ontvang jy jou toespraak VOOR 4 uur Sondag-oggend! (Beter nog: 90% van toesprake word binne 5 ure reeds aan jou gestuur!)

Wees bewus van toespraakdienste wat van vryskutskrywers van wisselende kwaliteit gebruik maak. By Raakpraat-Redenaars word ELKE toespraak geskryf deur Nicolaas Roos.

Vir navrae, stuur 'n epos na redenaars@gmail.com


Die voorgeskrewe lengte van ATKV-toesprake:


Graad 1-3: 2-4 minute lank.


Gr.4-5: 3-5 minute lank.


Graad 6-7: 4-6 minute lank.

Hoërskooltoesprake: 5-7 minute lank.

Kliek SUBSCRIBE, regs-bo op Raakpraat-Redenaars se Youtube-kanaal om altyd die nuutste voorbeelde van toesprake te sien!