POPI-wet

Beskerming van persoonlike inligting? (POPI-wet)

Raakpraat-Redenaars verwelkom die POPI-wet en werk graag mee om jou te beskerm teen ongewensde bemarking en identiteitsdiefstal. Jou persoonlike inligting word NIE met bemarkingsmaatskappye gedeel nie. Persoonlike inligting word gestoor en gebruik vir die toespraakdiens wat Raakpraat-Redenaars aan jou lewer: Vir die leerder se Lokale Alleenregsertifikaat, om seker te maak dat geen ander leerder in jou skool dieselfde toespraak mag gebruik nie – en om enige nodige stappe te neem om seker te maak jou alleenreg op gebruik van ‘n toespraak word beskerm. (In plaas van ‘n kind se naam, mag jy voorletters en van verskaf vir die Lokale Alleenregsertifikaat.) Jou eposadres word gebruik vir reëlings oor toespraak-bestelling, en ook om jou toespraak te stuur. Jou selfoonnommer word gebruik as verwysing by jou betaling, WANT as jou epos nie deurgaan nie, kan Raakpraat-Redenaars ‘n boodskap na jou selfoon stuur om te laat weet jou epos gaan nie deur nie, of jou eposadres is foutief. Jou selfoonnommer help ook om enige SMS-kommunikasie of WhatsApp-kommunikasie wat jy met Raakpraat-Redenaars mag voer met die regte bestelling te verbind. Vir enige navrae oor persoonlike inligting, epos Nicolaas Roos gerus by: redenaars@gmail.com

Kliek SUBSCRIBE, regs-bo op Raakpraat-Redenaars se Youtube-kanaal om altyd die nuutste voorbeelde van toesprake te sien!