Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 2

Baie geluk, Danika Taylor!

Sy is 2022 se WENNER van graad 3 se #redenaars by Laerskool President Steyn, Alberton met haar Raakpraat-toespraak onder die tema #STORIE!

Kayla van Dyk, Gr.11, Witteberg H/s Bethlehem kry 85% vir redenaars met die briljante aanbieding van haar toespraak. Op die beoordeelstaat kry sy die hoogste prestasie (Puik) vir ELKE item van beoordeling!! Dit wil gedoen wees, Kayla! Baie geluk met jou meesterlike prestasie!

Reuben Pelzer is 'n STER wat met die skitterende aanbieding van sy Raakpraat-Toespraak 'n top A++ verwerf en eindig as Graad 4 se WENNER by L/s Horison, Roodepoort! Mooi so, Reuben!!

Melanie Kleyn gaan GROOT! Met die uitmuntende lewering van haar toespraak, dring Melanie Kleyn, Gr.8, Hoërskool Fochville deur tot die landswye finaal van die “Oppie Tong Af 2019 redenaarskompetisie” en eindig 2de, landwyd! Baie geluk, Melanie!!

Kailum Baburam, Gr.4, WEN redenaars met sy toespraak by L/s Dr. Havinga met ‘n UITSTEKENDE A++ Mooi so, Kailum!

Irene Verster praat puik en wen vanjaar WEEREENS die redenaars met haar toespraak by Laerskool Lydenburg! Baie geluk, Irene!

Leané Grobler, Gr.4 WEN met haar WONDER-toespraak by Curro Aurora, Randburg!

Joane Weideman Gr.1, Alma Mater Krugersdorp blink uit met die aanbieding van haar redenaars-toespraak!

Keishe-Lee Zinn Gr.11, Carolina Akademies, Trofee-Wenner van die Graad 10-12 kategorie met die aanbieding van haar redenaars-toespraak!

Nicholis Stoltz praat vanjaar weereens raak met sy Raakpraat Toespraak en blink uit as die Graad 6 WENNER by L/s Oosterkruin, JHB! Mooi so, Nicholis!!

Met die aanbieding van haar toespraak, onder die tema LETTERS, kry Caylin Carelse, Gr.5 die EERSTE plek in die redenaarskompetisie by Laerskool Emfulenipark in Vanderbijlpark! Mooi Caylin!!

Mary-Ann Zinn Gr.6, Carolina Akademies verower die trofee vir haar ouderdomskategorie met die lewering van haar redenaars-toespraak!

Nicole Beere, Gr.3, L/s Orion, Alberton doen dit weer! Sy behaal GOUD en kry 90% by die Albertonse Kunswedstryd, nadat sy vroeër ook GOUD gekry het met 86% by "Con Spirito"-redenaarskompetisie met die aanbieding van haar toespraak onder die ATKV-2019-tema "JOK"!

Unicka Bothma, Gr.8, H/s Schweizer-Reneke praat haar weg oop tot in die ATKV Semi-finaal 2019! Ons hou jou vol verwagting dop, Unicka!

Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.