Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 9
Baie Geluk, Alexis Woeke! Sy praat raak met haar Raakpraat-Toespraak onder die 2022-tema “storie” en word gekies vir ATKV-2022!
Annemiek Farnham, Gr.3: Met haar eerste deelname aan redenaars sy kry EERSTE PLEK by L/s Sannieshof! Baie oulik, Annemiek! RAAK gepraat met die aanbieding van jou toespraak!
Baie geluk aan Liandie van Heerden! Sy is nog maar in Graad een en sy kwalifiseer al vir ATKV-deelname by L/s Vryheidsmonument, Vereeniging met die oulike aanbieding van haar redenaars-toespraak onder die 2022-tema, “ORE”!
Applous vir Louise Hanekom, ‘n graad 9-spreker van Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas! Met die oortuigende aanbieding van haar toespraak redeneer sy haar pad oop tot in die landwye SEMI-FINAAL van ATKV-Redenaars-2022!
Zaneske van der Westhuizen, Graad 4, kry 3de plek by Laerskool Wierdapark se Prestige Aand en word gekies vir ATKV-2022! Baie geluk, Zaneske!
Baie geluk, Wian van Heerden! Wian kry 2de plek by Laerskool Vryheidsmonument, Vereeniging met sy Raakpraat-toespraak onder die tema DIGITAAL en word gekies vir ATKV-2022!
Zander du Preez, Graad 3, behaal 2de plek met die aanbieding van sy redenaarstoespraak by L/s Westwood EN kwalifiseer vir ATKV-redenaars-2022! Baie geluk, Zander!
Uitstekende prestasie van Nixie Hattingh! Met haar Raakpraat-toespraak van Raakpraat-Redenaars redeneer Nixie haar pad oop tot in die ATKV-Semi-finaal-2022! Nixie is in Graad 3 by H/s Kuswag, Amanzimtoti.
Mienke van Rensburg, Graad 2, Laerskool Louis Leipoldt praat RAAK met haar Raakpraat-toespraak van Raakpraat-Redenaars en word gekies vir ATKV-2022! Baie mooi, Mienke!
Ekart van der Westhuizen, Graad 7, dring deur na Laerskool Wierdapark se Prestige Aand! Baie geluk, Ekart!
Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.
Kliek SUBSCRIBE, regs-bo op Raakpraat-Redenaars se Youtube-kanaal om altyd die nuutste voorbeelde van toesprake te sien!