Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 10

Mikaella Zietsman in Gr.4 kry 98% vir die byna onverbeterlike aanbieding van haar Raakpraat-toespraak by L/s Standerton! Veels geluk, Mikaella!

Suzaan Mostert in Graad 5 kry 2de plek by Laerskool Schweizer-Reneke se redenaars. Mooi so, Suzaan!

Die Nasionale Wenner van Radikale-Redenaars-2022 se eksperimentele redenaars-afdeling was Elizma Steenkamp, Graad 7, Laerskool Elandskraal, Mooinooi!   

Groot applous aan dié mooi nooi van Mooinooi wat die land so aan die brand kon praat met haar Raakpraat-toespraak onder die ATKV se 2022-tema, APPLOUS!

Gabriel Cilliers, Gr.3, Laerskool Jan Celliers, Johannesburg verwerf A++ met die uitstekende aanbieding van sy Raakpraat-Toespraak van Raakpraat-Redenaars onder die ATKV se 2023-tema, SPEEL!   

Baie mooi, Gabriel!

Baie geluk aan Chanel Steyn, Gr.11! Sy word gekies vir ATKV-2023 en behaal 3de plek by H/s Goudveld-Redenaars! 

Jo-Ann Noordman in Graad 5 kry ‘n “A” vir die eersteklas aanbieding van haar redenaarstoespraak by Voluit Primêr, Virginia! Baie geluk, Jo-Ann!

Emke Kruger, Gr.4, L/s Garsfontein PTA redeneer haar pad oop tot in die Finale rondte van Artistatue-2022! Baie geluk met die oulike aanbieding van jou toespraak, Emke!


Ruald Le Roux is die Graad 6 Redenaars-Wenner by Futurum Akademie, Jan Kempdorp met sy Raakpraat-toespraak onder die ATKV se 2023-redenaarstema, REIS!  Baie geluk met die uitmuntende lewering van jou toespraak, Ruald!


Stéfan Coetzee, Gr.7, Primêre skool Senekal, ryg prestasies soos sosaties in:

ADK Drama & Film - A++

Radikale redenaars - Vrystaat finaal (3de plek)

OK redenaarsfees - Goud 93%

Gekies vir ATKV-2023

Baie geluk, Stéfan!

Welna Hanekom, Graad 5, Laerskool Sentraal Kakamas praat haar pad oop tot in die ATKV semi-finaal, 2022! Welgedaan, Welna!

Melanie Kleyn WEN die Huisgenoot Eisteddfod vir redenaars graad 11-12!

Baie, baie geluk, Melanie, jy maak Raakpraat-Redenaars baie trots om in die vreugde van SO ‘n super-spreker te deel! Lees in Huisgenoot van 26 Januarie 2023 oor Melanie se top-prestasie en wat sy alles daaroor te sê het.

*Luister na Melanie se 2022-WEN-toespraak: https://www.raakpraat.com/redenaars-toespraak-voorbeelde/voorbeeld-4

Melanie Kleyn WEN ‘n TWEEDE KEER die Landswye Huisgenoot Eisteddfod met die briljante aanbieding van haar Raakpraat-toespraak van Raakpraat-Redenaars!

Baie, baie, baie geluk Melanie!! Wat ‘n dubbelle hoogtepunt om jou hoërskool-loopbaan mee af te sluit – en ‘n blink toekoms oop te sluit!

Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.

Kliek SUBSCRIBE, regs-bo op Raakpraat-Redenaars se Youtube-kanaal om altyd die nuutste voorbeelde van toesprake te sien!