Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 7

Baie geluk aan Anzia Potgieter! Sy kry eerste plek vir Afrikaans Redenaars by Laerskool Rayton met die aanbieding van haar redenaarstoespraak onder die ATKV tema POSISIE!

Alyssa Vieira, Graadwenner van Laerskool Wonderboom-Suid se 2013-Redenaars met die oortuigende lewering van haar toespraak.

Baie geluk Zanélle Peens, Concordia L/s Gr.5 – hier met die trofee wat sy losgepraat het as wenner by die interskole finaal met die puik aanbieding van haar toespraak onder die ATKV se tema PRAAT!

Baie geluk aan Alyssa Vieira, aangewys as die Graad 3 WENNER by L/s Wonderboom-Suid met die aanbieding van haar redenaarstoespraak onder die ATKV tema SPEELGOED

Met die aanbieding van haar redenaarstoespraak onder die ATKV se tema TAAL, is Talita Roos Hoërskool Fochville in Gauteng se Junior Redenaarskampioen!

Tom Slabbert, Laerskool JJ van der Merwe, Ermelo, Gr.4 kwalifiseer vir ATKV met die aanbieding van sy redenaarstoespraak onder die tema PRAAT

Ansoné Snyders, Gr.8, 3de by Klerksdorp Hoërskool met die lewering van haar redenaarstoespraak onder die ATKV se Tema TAAL!

Met die aanbieding van haar Gr.3 SIRKUS toespraak, is Leonell Horak gekies vir die Super 12 asook die ATKV span van Pietersburg-Oos Laerskool! Baie geluk, Leonell!!


Opdatering: Leonell is intussen aangewys as top Junior-redenaar van haar skool. Met die aanbieding van haar toespraak het sy uitstekend gevaar in die uitdunrondte van die Super 12 en uit 48 sprekers was sy een van net 16 wat deurgedring het tot die finale rondte: Sy was die enigste spreker van al die juniors en seniors om haar skool in die Super 12 finaal te verteenwoordig!! Ons is sowaar trots op haar!!

Baie geluk aan Thyla Strydom van Laerskool Rayton wat ‘n A (Goud) gekry het met haar redenaars-toespraak onder die ATKV se tema “Omgewing” – en ook volpunte gekry het vir sprekerstalent by die Kungwini Eisteddfod!

Baie geluk aan Nils van der Merwe met sy eerste plek en die trofee vir Afrikaans Redenaars by Laerskool Stephanus Roos met die oulike aanbieding van sy redenaars-toespraak onder die ATKV tema EET!

Chané vd Merwe, Gr.8 Hoërskool Oosterlig Boksburg blink uit by die Teatro Arti Kunswedstryd met 'n prestasie van 89% (A+) met die tema TAAL en sy kry 90% by die Eistedtfodd!! Baie geluk, Chané!!

Daniélle Olivier is die Graad 11-Wenner by Hoërskool Monument, Krugersdorp met die aanbieding van haar redenaarstoespraak onder die ATKV se Tema: DOOLHOF

Brigite Duvenhage, L/s Raslouw, Centurion, Gr.3 kwalifiseer vir ATKV met die aanbieding van haar redenaarstoespraak onder die tema SPEELGOED

Clarissa van Zyl, L/s Northmead, Benoni, blink uit met ‘n 2de plek as redenaar met haar toespraak onder die ATKV se tema GELD!

Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.