Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 5

Verbeel jou: 2016 se WENNER van die Senior redenaars afdeling is nog nie in Graad 12 nie, maar in Graad 11! Baie geluk aan Henco Siebert: Hy praat raak en WEN die Senior redenaars afdeling by Duo Edu Senior Onafhanklike Skool, Pretoria!

Met sy Graad 1 toesprakie van Raakpraat-Redenaars, behaal Hanno Bennemeer 2de plek by Laerskool Danie Malan, Pretoria! (2016)

4 uit die 5 Top-Redenaars van L/s M.W. de Wet, Jhb, Gr.6 praat raak met Raakpraat-toesprake! 1ste: Ehzanne Bonthuizen, 2de: Michanne Bonthuizen, 3de posisie: nie raakpraat redenaars nie, 4de posisie: Jessica Swart en Elanie Snyman gesamentlik. Baie geluk, meisies: Ek is baie trots op julle!

Baie geluk aan Franzè Berry, Graad 6! Franzè blink uit by L/s Marietjie Van Niekerk, Bethal en redeneer tot in die Mpumalanga Finaal!

Henko-Ben Odendaal Gr.3 L/s Lochnerhof Strand haal die ATKV Semi-Finaal in die Wes-Kaap! Baie geluk, Henko-Ben – dit is ‘n TOP prestasie!!

Venetia Carstens, Gr.7 L/s Florida, JHB kwalifiseer toe-oë vir ATKV Redenaars! Baie geluk met NOG ‘n suksesvolle jaar, Venetia!

Jo-Ané Tredoux Gr.6 van Pro-Ed Akademie, Swakopmund praat raak met ‘n Raakpraat-toespraak en redeneer vanjaar haar pad deur al die ATKV uitdunne tot in die ATKV Landsfinaal op 11 Augustus! Baie, baie, BAIE geluk Jo-Ané!!!

Lisa Louw van Emfulenipark L/s Vanderbijlpark praat haar pad oop na die ATKV redenaars en Super-8 redenaars met die oulike aanbieding van haar Graad 2 toespraak! Mooi so, Lisa!

Veels geluk Noèlle McDonald, Graad 5! Noèlle kry 90% by Bergland L/s, Nelspruit en praat haar pad oop tot in die Mpumalanga Finaal!

Edrich Els - in Graad 3 - praat homself tot in die 2de plek by Midvaal Laerskool, Meyerton! Baie geluk met die goeie aanbieding van jou redenaarstoespraak, Edrich!

Zanélle Peens – nou al in Gr.7, Concordia L/s Boksburg hou jaar na jaar die pas vol met volgehoue skitterende prestasie! Vanjaar kry sy 91% - met 10/10 vir “oorredende inhoud” en 9/10 vir “toespraak-struktuur”! Baie geluk met jou VOLGEHOUE sukses oor soveel jare, Zanélle!

Ti-me Berg, Gr.2 kry 1ste plek by Dalview L/s Brakpan en kwalifiseer vir ATKV!

Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.