Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 8

Thomas Ferreira praat RAAK met sy RAAKPRAAT-toespraak van RAAKPRAAT-REDENAARS en is Graad SEWE se beste Redenaar by L/s Gamtoosvallei, Patensie!

Anika Lindeque Kry A+ vir die aanbieding van haar Raakpraat-Redenaarstoespraak by die Centurion Kunswedstryd. Baie geluk, Meisie!

Wiane Joubert van Mooirivier laerskool, Potchefstroom kom 3de by die ATKV-uitdunne met die oortuigende lewering van haar toesprakie in die graad-drie-kategorie!

Carli Botha, in Graad 8 by Hoërskool Frans du Toit praat haar pad oop tot in die ATKV FINAAL met haar Raakpraat-toespraak van Raakpraat-Redenaars!

Sarel Jacobs, in graad 6, kry 85% vir die aanbieding van sy toespraak by Skuilkrans laerskool, Pretoria!

Baie geluk aan Nicholis Stoltz Gr.5, Graadwenner EN Kategorie-wenner vir 2018 by L/s Oosterkruin JHB!

Anroné van Tonder praat haar pad oop tot in die ATKV-Semi-Finaal in die Vrystaat.

Venetia Carstens kry 'n skitterende "A" vir die lewering van haar toespraak by Laerskool Florida se redenaars in Roodepoort!

Ben-Martin Ferreira is Graad VYF se beste redenaar met die lewering van sy toespraak by Laerskool Gamtoosvallei, Patensie!

Joanri du Plooy kry goud vir die mooi lewering van haar toespraak by Orkney Laerskool se redenaars!

Monique Adams, in graad 8 by Hoërskool Marais Viljoen, kry 'n fantastiese 90% met die aanbieding van haar redenaarstoespraak!

Elmi van Aardt kry 'n 2de plek by Laerskool Witpoort, Pretoria se redenaars, met die lewering van haar toespraak!

Dinette Jansen van Vuuren haal 'n 2de plek in die graad-4 afdeling met haar toespraak by Laerskool AG Visser in Heidelberg se redenaars!

Nico Binneman blink uit met sy redevoering by Naudeville laerskool in Welkom en kwalifiseer met sy toespraak vir ATKV-deelname!

Carli van Tonder praat raak met haar raakpraat-toespraak van Raakpraat-Redenaars en haal die ATKV se Semi-Finaal in die Vrystaat!

Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.

Kliek SUBSCRIBE, regs-bo op Raakpraat-Redenaars se Youtube-kanaal om altyd die nuutste voorbeelde van toesprake te sien!