Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 4

Chloe Vermaak, Gr.1 kry EERSTE PLEK met die skitterende lewering van haar toesprakie by L/s Elandskraal en kwalifiseer vir ATKV-2018-Redenaarskompetisie! Baie geluk, Chloe – jy is ‘n sterretjie!

Baie geluk aan Mia Oosthuizen, Gr.6, redenaarswenner

by L/s Vorentoe Groot Brakrivier!

Zander van Biljon Gr.3 kry 94% vir die mooi aanbieding van sy redenaarstoespraak by L/s Dr Havinga Roodepoort! Baie geluk, Zander!

Alida Els Gr.7 Humansvlakte L/s Bothaville redeneer haar pad oop na ATKV Redenaars 2017 met haar Raakpraat-toespraak! Baie geluk, Alida!

Elri Becker, L/s Witpoort Bapsfontein behaal GOUD met die lewering van haar redenaarstoespraak by Kungwini eisteddfod! Dit wil gedoen wees, Elri!!

Karla Myburgh Gr.3 L/s Sunridge Port Elizabeth vorder tot in die ATKV Semi-finaal 2017 met die uitstekende aanbieding van haar redenaarstoespraak! Fantasties, Karla!!

Illaney van Eden praat die 2017 2de plek los met die aanbieding van haar redenaarstoespraak by Alma Mater Laerskool, Krugersdorp.

Nicholis Stoltz, Graad 5 is met die lewering van sy Raakpraat-toespraak Redenaars-2018 se Graadwenner EN Kategorie-wenner van L/s Oosterkruin, Johannesburg!

Frans Hoffman WEN L/s Delmas Gr.7 redenaars met die oulike aanbieding van sy toespraak! Fantasties, Frans!!

Rune Etsebeth Gr.6 L/s Dr Havinga Roodepoort praat raak met haar Raakpraat-redenaarstoespraak en wen die redenaarstrofee! Skitterend, Rune!!

Minéh Kruger van Hotazel Kollege behaal 'n uitstekende 91% by ATKV Redenaars in Vryburg! Mooi so, Minéh!

Kayden Wessels Gr.4 kry 90.5% vir die lewering van sy redenaarstoespraak by L/s Klipfontein, Witbank! Baie geluk, seun!!

Kayla Maré, Laerskool Sannieshof WEN haar afdeling! Sy dring deur na die volgende rondte, ATKV-redenaars uitdunne te Wolmaransstad! Baie geluk, Kayla!!

Kiara Smal, Gr.4, behaal EERSTE plek met die puik lewering van haar redenaarstoespraak by Laerskool Boerefort, Pretoria! (2017)

Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.