Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 6

Sharice Smith Gr.2 L/s Tzaneen kwalifiseer vir deelname aan die ATKV-redenaarskompetisie met die lewering van haar toespraak!

Kayla Sampson, Gr.9 behaal B+ by H/s Krugersdorp se redenaars met die aanbieding van haar toespraak!

Mari Grobbelaar

WEN Gr.7 redenaars met die puik lewering van haar toespraak by L/s Vissershoek, Pretoria! Baie geluk met ‘n hele laerskoolloopbaan van puik redenaars, Mari!

Thyla Strydom van Laerskool Rayton behaal ‘n A++ by die Kungwini Eisteddfod met die skitterende aanbieding van haar toespraak onder die ATKV se redenaars-tema POSISIE! Baie Geluk Thyla!

Nikita Janse v Vuuren, Gr.8 by Kuswag H/s Amanzimtoti is deur na ATKV Semi-finaal - en dis nie al nie: Sy kry ’n merkwaardige 100% vir haar onvoorbereide toespraak! Baie geluk met ’n nog ’n uitmuntende redenaarseisoen, Nikita!

Baie Geluk Zanélle! Dit is die vierde jaar dat Zanélle met ‘n Raakpraat toespraak deelneem en sy vaar net beter en beter!! Vanjaar WEN sy haar skool se Graad 6 redenaars met ‘n skitterende 91% EN neem deel aan die eerste rondte van die ATKV redenaars!

Opdatering: Zanélle het haar skool by die Gauteng Interskole Liga Redenaars verteenwoordig en 2de plek in die Gauteng streek behaal! Daarna kry sy 'n uitmuntende 94% op die Kemptonpark Kunstefees! Baie geluk, Zanélle!

Vian Singleton behaal 1ste plek met die aanbieding van sy redenaarstoespraak van Raakpraat-Redenaars by Laerskool Midvaal en kwalifiseer vir deelname aan die ATKV uitdunne EN die Universiteit van Johannesburg se redenaarskompetisie!

Kylie Kotze, Gr.9 vaar uitstaande met die aanbieding van haar toespraak vir redenaars by Elnatan H/s, Stampriet en kwalifiseer vir ATKV!

Veels geluk, Marilie Rossouw, Gr.2 – met die eerste plek wat jy behaal vir die aanbieding van jou redenaarstoespraak by L/s Wolmaransstad! Nogal met jou heel eerste deelname aan redenaars!!

Leandri Grobbelaar

Gr.5 by L/s Vissershoek, Pretoria kry 3de plek met die aanbieding van haar redenaarstoespraak!

Anzia Potgieter van Laerskool Rayton behaal ‘n A+ met haar toespraak op die Kungwini Eisteddfod! Baie geluk met NOG ‘n groot redenaars-prestasie vanjaar, Anzia!

Mienke van Rooyen, Gr.12 van Fichardtpark Hoërskool, Bloemfontein redeneer deur die ATKV kwarteindrondte tot in die ATKV Semi-finaal! Baie geluk met jou puik prestasie, Mienke!!!

Vandag is hy die bekende akteur, Vian Singleton. Hier WEN hy nog in sy graad-3 skooljaar die Universiteit van Johannesburg se redenaarskompetisie met die aanbieding van sy toespraak! Baie Geluk weereens Vian!!!

OPDATERING: Vian het intussen ook nog sy weg oop geredeneer deur die ATKV uitdunne tot in die ATKV se Semi-finaal!!

Mia Stuart WEN Gr.3 redenaars by L/s Unika met die mooi aanbieding van haar toesprakie onder die ATKV se tema POEDING!

Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.