Raakpraat-Redenaars

Blits-bestel JOU redenaars-toespraak binne 24 uur - en praat raak met 'n raakpraat-toespraak van Raakpraat-Redenaars, deur Nicolaas Roos sedert 2010 (Alleenregsertifikaat ingesluit)


Lokale Alleenreg: "Niemand in my skool kan dieselfde toespraak bestel of gebruik nie - maar sprekers in ANDER skole kan dieselfde toespraak by HULLE skole gebruik."

Nicolaas Roos, skrywer van redenaarstoesprake

Hallo, ek is Nicolaas Roos,

Maak soos Ou Wolf en kies sommer kortpad na die BESTELVORM!

Of kyk soos Rooikappie eers na die blommetjies langs die pad:

Daar is:

Kliek SUBSCRIBE, regs-bo op Raakpraat-Redenaars se Youtube-kanaal om altyd die nuutste voorbeelde van toesprake te sien!

Prys: R480 (Al die toesprake kos dieselfde)

NIEMAND durf meer die tennisbaan aan met 'n tuisgemaakte raket nie: WAAROM moet jy die verhoog aandurf met 'n selfgemaakte toespraak?

Vir hokkie koop jy 'n stok. Vir rugby 'n bal en trui. Vir Redenaars bestel jy 'n raakpraat-toespraak van Raakpraat-Redenaars.

HOEKOM? Selfs staatspresidente gebruik toespraakskrywers wat met die pen magtiger is as die swaard.

“Ons maak ‘n goeie span!” so vertel die ATKV-redenaars-wenner wat ‘n redenaarstoespraak uitstekend aanbied, terwyl haar pa die toespraakskrywer is.

Op Maandag-aand, 29 Augustus 2022 in die program “Kompas” was daar ‘n onderhoud met Ann-ne Venter, wenner van die ATKV-2022 Skoleredenaarskompetisie in die kategorie vir Afrikaans Huistaal Voorbereid Graad 10 – 12. Sy vertel van dié prestasie en verder ook van haar toekenning vir Beste Taalgebruiker. Dié landswye graad-12 wenner vertel met trots in die onderhoud dat sy die VOORBEREIDE toespraak verkies, want haar gawe lê by die oortuigende AANBIEDING van toesprake en nie by die SKRYF van toesprake nie. Haar pa, wat die skoolhoof is skryf haar toesprake en hulle maak ‘n goeie span, vertel sy. Self skryf sy graag gedigte.

Nou daar het jy dit: Selfs die SKOOLHOOF se dogter skryf nie self haar eie toespraak nie!

Hier is ‘n skakel na die radio-uitsending se potgooi

Vra jouself af: Hoekom het ander toespraakdienste nie bewyse van prestasies nie? Beweerde presteerders bly gesigloos en het 'n Naam, maar nie 'n Van nie. Die skool bly anoniem. Raakpraat-Redenaars se trotse presteerders het Name, Vanne en skoolname en deel baie maal hulle foto's! Sien die Ererol vir redenaars wat raak praat!

*As jy so verkies, sal jou prestasie nie hier bekend gemaak word nie. 

Om jou te help uitblink by jou skool, bied ‘n Raakpraat-Toespraak jou “Lokale Alleenreg”

 

Maar wat beteken dit?

 

Is ek die enigste leerder in die LAND wat die reg het om die toespraak te gebruik?


Nee, jy is die enigste leerder in jou SKOOL wat die reg verkry om die toespraak te gebruik. Saam met jou toespraak kry jy 'n alleenregsertifikaat met jou Naam op en ook die Naam van die skool waar jy alleenreg op die gebruik van die toespraak het. Jy is welkom om die toespraak gedurende die jaar ook by 'n kunswedstryd of interskole kompetisie te gebruik, solank jy net besef dat jou alleenregsertifikaat jou ongelukkig net by jou eie skool kan beskerm. 

 

Kwaliteit of Kwantiteit: Nasionale Alleenregtoesprake bring mee dat skrywers 'n groter aantal toesprake binne beperkte tyd probeer skryf om aan elke kliënt op ‘n lang waglys 'n toespraak met Landswye Alleenreg te voorsien en in die proses ly die kwaliteit van toesprake daaronder. Ek het al toesprake met Nasionale Alleenreg gesien waarvan die gehalte so laag is dat die spreker buitendien nie eens gekeur word vir sy eie skool se redenaarsbyeenkoms nie. In so ‘n geval bestaan die “Landswye Alleenreg” eintlik net in Naam, want in praktyk kortwiek die kwaliteit van die toespraak die spreker sodat hy/sy in elk geval glad nie vir ‘n landswye kompetisie kan kwalifiseer nie. Ander toespraakdienste gebruik vryskutskrywers wat vinnig moet skryf, anders word hulle selfs beboet vir laat inhandiging. Lokale Alleenregtoesprake bied my die geleentheid om hoë kwaliteit toesprake teen 'n baie stadiger pas te beplan, na te vors, te skryf en deeglik te redigeer – en so verbeter dit jou kans om uit te blink by jou skool!

Oppas: As 'n ander toespraakdiens onderneem om vir jou 'n "unieke" toespraak met landswye alleenreg te skryf, vra gerus vir hulle watter persentasie van die toespraak regtig "uniek" is. Stem die toespraak 80% ooreen met die toespraak wat ander sprekers kry? Verskil die toespraak dalk net 10% van ander "unieke" toesprake wat hulle verskaf?

 

Ek wil nie net die enigste leerder in my skool met die toespraak wees nie, ek wil die enigste leerder in die hele LAND met die toespraak wees?


Omdat Nasionale Alleenregtoesprake so 'n lang waglys veroorsaak dat ek die meeste kliënte moet wegwys - konsentreer ek eerder daarop om 'n groter verskeidenheid Lokale Alleenregtoesprake aan te bied. Lokale alleenregtoesprake hou my lank besig, gevolglik is Nasionale Alleenreg ongelukkig nie beskikbaar nie.